| EKSTRA VERTONINGS SODAT JY NIKS MISLOOP | Die Toyota Stellenbosch Woordfees is hier en die opwinding loop hoog. Van die vertonings het sommer vroeg reeds uitverkoop en ons weet jy was dalk teleurgesteld dat jy nie vinniger op die knoppie was nie. Hier is GOEIE NUUS: Ons het ’n hele paar ekstra vertonings van die blitsverkoperproduksies geskeduleer sodat jy dit kan bywoon. Die Woordfees duur tot 6 Oktober en kaartjies is by Quicket te koop. | EKSTRA | | Jak de Priester en Antoinette Pienaar in ‘Koppieteefontein’ In dié verhoogweergawe van die gewilde kykNET-kuierprogram KoppieTeeFontein kuier Jak de Priester en die Karoo-kruiekenner Antoinette Pienaar saam. Beleef dié twee kunstenaars deur musiek, stories, voordrag en ’n gesprek. Word weggevoer deur Antoinette se unieke uitkyk op die lewe en haar pragtige stem. Jak is voor die klavier met liedjies oor die lewe, die liefde en die Karoo. 2 OKT 12:30 | 3 OKT 12:30 & 15:00 | 4 OKT | 12:30 KOOP KAARTJIES ‘Why do Moths Fly Like Crazy Kcufs in the Night?’ In Sue Pam-Grant se jongste eenvrouvertoning word die verhoog getransformeer in ’n poëtiese, liminale ruimte wat die grens tussen galery, teater en kunstenaarsateljee ophef namate die gehoor beleef hoe Die Kunstenaar met haar werk, lewe en persoonlike duiwels worstel. Die stuk is geïnspireer deur die lewe en werk van die 20ste-eeuse kunstenaar Louise Bourgeois, een van die produktiefste en fassinerendste visuele kunstenaars van die 20ste eeu. 28 SEPT 15:00 | 29 SEPT 15:00 | 30 SEPT 14:00 | 1 OKT 14:30 & 20:00 | 2 OKT 16:00 Venue: Ryneveldstraat 38 KOOP KAARTJIES ‘Koos Kombuis en vyande’ Koos Kombuis se aweregse en uitgesproke gedrag het oor die jare tot vele vetes en vyande gelei, maar die strydbyle is een vir een begrawe soos hy gryser en wyser geword het (of dalk nie). Kom luister wie het die toets van die tyd deurstaan wanneer musieklegendes soos Anton Goosen, Valiant Swart, Gert Vlok Nel en lede van die Gereformeerde Blues Band en die Warmblankes by hom aansluit. Selfs sy beroemde “Lisa” gaan vir die eerste keer saam met Koos kom klavier speel! 1 OKT 20:30 | 4 OKT 20:00 KOOP KAARTJIES ‘Rock ’n Roll-engele’ Valiant Swart bring saam met Anna Davel (gaskunstenaar) en Illimar Neitz (kitaar) hulde aan die vrouekarakters wat oor die afgelope 30 jaar in sy liedjies gefigureer het. Die liedjies wissel van melancholies tot jolig; ander is vurig en roekeloos. Of misterieus, sensueel, oud, jonk, waaghalsig, laf, ernstig, uit die stad of van die plaas. 1 OKT 18:30 | 3 OKT 13:00 KOOP KAARTJIES | | ‘Klavier-ekstravaganza’ 10 klaviere, 20 pianiste, 200 vingers… In ’n opwindende program wat van 1 klavier tot 10 klaviere – en 20 pianiste – beweeg, word nuwe betekenis gegee aan die begrip “speel”. Op die verhoog verskyn groot plaaslike name van klassieke musiek met nog 14 jong, opkomende pianiste. Met Francois du Toit, Nina Schumann en vele meer 3 OKT 16:00 & 19:00 KOOP KAARTJIES ‘Marion Monroe’ Shakespeare het geskrywe: “What’s in a name? That which we call a rose by any other name would smell just as sweet.” Is Marion Holm steeds Marion Holm, al noem mense haar Nicole Holm? Bly Marion ’n vrou al noem mense haar meneer? En as Marion ophou om ’n aktrise te wees en soms van die verhoog af ’n karakter vertolk – is sy dan net ’n leuenaar? Kom kry die antwoorde in Marion Monroe, maar wees gewaarsku: Dit is nie ernstig of diep nie; net snaaks. 4 OKT 13:00 | 5 OKT 17:00 KOOP KAARTJIES ‘Marianne Thamm: Vuisvoos, maar nog regop (herlaai)’ Sluit aan by die ervare ondersoekende joernalis Marianne Thamm, adjunkredakteur van Daily Maverick, vir ’n skreeusnaakse kaalvuisgesprek oor ons Suid-Afrikaanse demokrasie en al sy absurditeite. En maak gereed vir die afloop van 2024, wanneer dinge net beter of dalk nóg vreemder kan word. 1 OKT 20:00 | 5 OKT 17:00 & 14:00 KOOP KAARTJIES | | SKEDULEVERANDERING Jazz at Petites Bulles: Mauritz Lotz & Schalk Joubert Suid-Afrika se mees gesogte kitaar- en baskitaarspeler snoer kragte saam in dié intieme duetkonsert wat hulle vernuf en veelsydigheid ten toon stel. Mauritz en Schalk werk al dekades agter die skerms vir talle internasionale kunstenaars en honderde van ons land se voorste musiekmakers – kom beleef eerstehands waarom hulle so in aanvraag is. 6 OKT 13:00 KOOP KAARTJIES NUUT Eerste indrukke met Alan Winde: Regeer, opponeer, wie is nou eintlik in beheer? Gert van der Westhuizen en Mia Spies gesels met die Wes-Kaapse premier, Alan Winde op die Netwerk24-gespreksreeks. 2 OKT 18:00 | GRATIS Venue: EasyEquities-boektent LEES MEER ‘67 Blankets’ In 2013 het Zelda la Grange vir Carolyn Steyn ’n allemintige uitdaging gestel – om 67 komberse te maak as ’n bydrae vir Mandela-dag. Daardie eerste 67 komberse het gelei tot die stigting van ’n NWO wat vanjaar al vir ’n dekade mense se lewens verander deur die gee of ontvang van ’n handgemaakte kombers. Carolyn se vriend André Schwartz gesels met haar oor die beeldskone boek 67 Blankets for Nelson Mandela Day: The Knitting and Crochet Revolution vol stories en foto’s oor die spesiale komberse, en die mense wat hulle maak. 1 OKT 13:00 KOOP KAARTJIES NUUT BEKEND: Húlle praat op ‘Die Onderhoud met Mia Spies’ 30 SEPT | Die Onderhoud met dr. Christo Wiese 1 OKT | Die Onderhoud met Helen Zille 2 OKT | Die Onderhoud met dr. Imtiaz Sooliman 3 OKT | Die Onderhoud met minister Gayton McKenzie Die gesprekke vind om 16:00 in die US Museum-anneks plaas en is GRATIS. LEES MEER Première-wenner: ‘Die Koning en sy Bruid’ Dit is die jaar 1745 en deur die hele Kaap de Goede Hoop word daar feesgevier, want boer Willem Aarde (Heinrich Wentzel) en beskeie bruid Amélie Bruére (Jeanne-Marié Koekemoer) trou! ’n Huwelik beteken die vereniging van families. Van plase. Van rykdom. ’n Bruilof beteken ’n erfgenaam. Maar met die sluit van die slaapkamer en die ooptrek van die hemelbed, kom boer Willem en bruid Amélie van aangesig tot aangesig met onvermydelike, bindende en goddelike plig – ’n plig wat verder strek as net die stroop van klere. Want vir dié bruidspaar op hul huweliksnag, wag daar baie meer as net gevlekte lakens. Met studente van die Universiteit Stellenbosch se dramadepartement 28 SEPT 18:00 | 2 OKT 13:00 KOOP KAARTJIES | | | | |
|
|